| Biographical Dictionary
– 140 years –
“WHO’S WHO: 1868-2008.” |

|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|

Op 21 Februarie 2010 neem die HJS Old Boys krieketspan die veld teen 'n gekombineerde derde en vierde span van Van Der Stel.
Die studente, het seker gedink dat 'n maklike wedstryd voorlê - gegewe die HJS manne se ouderdomme.
HJS neem eerste die veld om 1300 op 'n besonderse warm dag vir die eerste 35 beurt wedstryd waarin die span betrokke is. Die boulers kwyt hulle goed van hulle taak en die veldwerk is goed om Van Der Stel te beperk tot 160 almal uit.
Die HJS kolfbeurt begin in meer matige weersomstandighede en dit lyk asof die koeler weer die ou manne beter pas. Met nog agt beurte oor gaan HJS die telling verby met slegs vier paaltjies plat. Die gasvryheid van Van Der Stel was uitstekend en 'n hele paar krieket stories word na afloop van die wedstryd tussen die twee spanne gedeel. Dankie Van der Stel!
Wedstryd 2 (Gim)
Op 11 Maart 2010 neem die eerste "day/night" wedstryd plaas tussen die HJS en Gim se Old Boys. Vir baie van die spelers is dit die eerste geleentheid om onder spreiligte te speel!
Dit, saam met die Gim koshuiskinders wat die wedstryd ondersteun, maak die atmosfeer 'n klein bietjie skerper is as gewoonlik.
Gim wen die loot en besluit om eerste te kolf. Na vyf beurte is selfs die mees betroubare HJS ondersteuner verslae - Gim staan op 72 vir 1 en Springbok, Louis Koen, het nog nie eers gekolf nie! Met vasbeslote veldwerk en baie beter boulwerk kom HJS weer terug in die wedstryd en die ondersteuners begin weer hoop kry.
Na twintig beurte eindig Gim met 143 almal uit. Die HJS kolwers neem die boulers se vertooning as voorbeeld en die teiken van 144 word geleidelik verminder.
Met vier boulbeurte oor gaan HJS die telling verby met slegs vier paaltjies wat gekantel het.
Na afloop van die wedstryd word vriendskapsbande versterk en nuwes gevorm. Die gewone toesprake word gehou en die POBC wisseltrofee word aan die HJS Old Boys span oorhandig.
'n Woord van dank aan almal wat betrokke was by die borg, reël, organiseer en speel van die twee wedstryde.

Vriendskaplike wedstryde tussen die oud-studente van Boishaai en Gim vind plaas onder die POBC (Paarl Old Boys Classic) vaandel.
Tradisioneel word die Old Boys rugby op die Woensdagaand voor interskole gespeel. Foto’s is op die Gallery beskikbaar.
Die Old Boys gholf word op die Donderdag gespeel.
Hierdie “reeks” is vanjaar uitgebrei. Krieket is bygevoeg aan die begin van die jaar – sien die berig hieronder.
Verder is daar vir die eerste keer op 27 Julie POBC aksiesport aangebied by die Paarl Action Arena.
Daar was aan 3 sporte deelgeneem – netbal, sokker en krieket. Oud-Girls’ Highers is betrek by die netbal.
Ons beplan om volgende jaar meer spanne te betrek en die geleentheid groter te maak.
Die fokus is op deelname en pret vir die spelers en hele gesin.
In Tom Engela se woorde – “ a good time was had by all”.
Skakel Conradie Burger by 082 552 3975 vir meer besonderhede.

OBU cricket – a new addition
The Paarl Old Boys Classic (POBC) is the current brand name for sport activities played by Boys High’s Old Boys, usually against “old boys” of Paarl Gymnasium.
The POBC rugby games that were played for the past few years in the week leading up to Interschools have become a tradition. Cricket for old boys was recently added.
On 9 May 2009 the first cricket game between the old boys from Boishaai and Gim was played under the POBC banner.
All POBC cricket is played in the Pro20 format. The aim is to ensure participation from everyone, with each player, except for the wicket keeper, that bowls two overs. A batsman must retire on “30-not out” and can only bat again if all other batsmen are out.
Daar is reeds ‘n groep van tussen 15 en 20 spelers. Indien belangstelling groei, sal meer spanne opgemaak word.
Spelers moet ouer as 30 wees en moet ingeskrewe lede van die OSU wees om te kan deelneem.
Vir meer inligting skakel Conradie Burger op 082 552 3975 of
conradie@polka.co.za en
Jacques Krynauw op 083 324 8984 of
krynauw@jvds.co.za. |
|
|
|
|
|