Javascript DHTML Drop Down Menu Powered by dhtml-menu-builder.com

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 




News/Nuus
THE SCHOOL SONG and EMBLEM

School song
In 1911 a committee was appointed to find a suitable school song for Boys’ High.  They wisely decided to have a competition with 31 October 1912 as the closing date for entries.  Prize money of one guinea (R2,10) was offered for the words and music respectively of the song accepted by the committee.  When the closing date arrived, no acceptable entry had been received.  Therefore the date was postponed until 30 April 1913.  Eventually the entry of Mr A. de V. Esterhuyzen, an old boy, was accepted as the school song and he was awarded the prize of one guinea.  The Afrikaans translation was done by Ds W.H. Boshoff of Winburg in 1917.  Below is the school song as it appeared in the school annual of 1913 and the Afrikaans version as it appeared in the school annual of 1917.  Below is the school song as Boys’ High uses it today

Skoollied

‘Neath a far-famed Rock of granite grey
Stands a school – the best all people say.
Boys and youths to train and educate,
Model men to rear for Church and State,
Or for tented-field, for track and spor-ing ground –
And its name and fame thro’ all the land resound.
For that School renowned from Berg to Vaal,
Is the Boys’ High School of Upper Paarl.

From Zambesi to the Southern Sea
All thy sons uphold thy dignity,
And in ev’ry sphere and walk of life
They are ever foremost in the strife.
True and loyal comrades we shall always be
When we’re stoutly fighting for the dignity
Of that School renowned from Berg toVaal.
Known as Boys’ High School of Upper Paarl.

Oh! A merry set of boys are we
Both when working and when we are free,
For “Fit tandem arbor surculus”
Is the thought that cheers and braces us.
Ev’ry year examination lists proclaim
That a well known School once more sustains its name.
And that School renowned from Berg to Vaal.
Is the Boys’ High School of Upper Paarl.

CHORUS:

Of all the Schools throughout the land.
“Alma Mater”, thou shalt stand
Supreme and great far o’er the rest,

Highly honoured, glorious and blest!

Onder ‘n beroemde gryse rots
Staat die beste Skool, so fier, so trots,
Waar die jongens van ons land na gaat
Om getrein te word vir Kerk en Staat,
Of vir tenteveld, of baan, of spelegrond,
En haar naam en faam klink ooral rond;
En die Skool, beroemd van Berg tot Vaal,
Jongens Hoger Skool van Bowe Paarl.

Van Zambesi tot die Suide See
Werk jou seuns hard vir jou eernaam mee.,
En in elke sfeer van’s lewensbaan
Tref jy hulle op die voorfront aan.
Trouw blyf ons as kamerade, dis ‘n feit,
Wyl ons strydvoer vir die eer en waardigheid
Van die Skool, beroem van Berg tot Vaal.
Jongens Hoger Skool van Bowe Paarl.

O! ‘n jollie klompie seuns is ons,
Of ons werk, of speul dat dit so gons.
Want “Fit tandem arbor surculus”
Is die ding waarvan ons is bewus.
Ieder jaar vertel ons die eksamenlys.
Hoe ‘n seker Skool haar flickers weer kan wys
En die Skool, beroem van Berg tot Vaal.
Jongens Hoger Skool van Bowe Paarl.

KOOR

Van al die skole deur die land.
“Alma Mater”, is jou stand
Ver bokant oor geheel die rest.
Hoog geëer, glorieus en best.


W.H. BOSHOFF,
Winburg, O.V.S.
4 Junie. 1917



Kliek op die skakel onder op die tuisblad en luister na ‘n opname van die skoollied!

BESTAANDE SKOOLLIED

Aan die voet van Paarlberg gebou,
Staan ‘n skool aan sy tradisies trou.
Seuns word hierdie gelei en ook gebrei,
Tot ‘n skone toekoms voorberei.
Deur op allerlei terreine uit te blink,
En sy roem en eer oor heel ons land weerklink.
En met trots van Suid tot oor die Vaal,
Word die H.J.S. se roem herhaal.
Van al die skole ryk aan faam
Alma Mater bly jou naam
Voortreflik groot deur roemryk werk.
Bly verrig tot heil van Staat en Kerk.

CURRENT SCHOOL SONG

‘Neath the far famed rock of granite gray,
Stands a school, the best all people say.
Boys and youths to train and educate,
Model men to rear for Church and State.
Or for tended field for track and sporting ground
And its name and fame throughout the land resound.
For the school renowned from Berg to Vaal,
Is the Boys’ High School of Upper Paarl.
Of all the schools throughout the land
Alma Mater thou shalt stand.
Supreme and great far o’er the rest.
Highly honoured glorious and blessed.

DIE SKOOLWAPEN, -LEUSE EN –KLEURE

Die bestaande skoolwapen met leuse en kleure is in 1902 in die skool ingevoer kort nadat mnr. P.J. du Pré le Roux skoolhoof geword het.

Dit is nie bekend wie die wapen ontwerp het nie, maar die wapen is tipies van wapens wat algemeen gedurende die Victoriaanse tyd gebruik is.  Die letters H J S en B H S wat onderskeidelik op die Afrikaanse en Engelse wapens geburik word, is slegs afkortings van die skool se name en is van geen heraldiese betekenis nie.  Om een skool van ‘n ander te onderskei, het baie skole geleidelik daartoe oorgegaan om wapens met ‘n heraldiese betekenis te ontwerp.  Die leuse “Tandem fit Arbor Surculus” word gewoonlik geskryf as “Tandem fit Surculus Arbor” (Die twygie word uiteindelik ‘n boompie).  Gedurende die eerste dekade van hierdie eeu, het die leuse egter as “Tandem Surculus Arbor fit” op die wapen verskyn.  Wanneer dit verander is, is nie bekend nie, maar teen 1922 was die huidige leuse reeds in gebruik.  Die leuse was oorspronklik dié van Prins Mauritz van Oranje, seun van Willem die Swyger.  Op een tydstip is dit ook voorgestel as leuse vir die Oranje-Vrystaat, maar die gedagte is laat vaar.

Die skoolkleure bestaan uit vertikale bane van donkerblou (48 mm breed) as die oorwegende kleur, wit (1.5 mm), ligblou (10 mm) en weer wit (1.5 mm).

Die wapen en kleure is eers amptelik n Desember 1935 geregistreer, nadat die “Wet tot beskerming van name, uniforms en wapens van bepaalde verenigings en inrigtings” in die Staatskoerant van 1 November 1935 gepubliseer is.

Back to home


boishaai paarlboysprimary